Search This Blog

Afrikaans (31) English (30)

31 May 2026

Die belangrikheid van kerklidmaatskap

 Die belangrikheid van kerklidmaatskap

 


Dit lyk asof daar deesdae 'n algemene onwilligheid is om tot enigiets te verbind.  Hierdie onwilligeheid blyk asof dit selfs Christene beinvloed omdat hulle onwillig is om hulle aan 'n plaaslike gemeente te verbind. Die Bybel ken egter nie 'n ware gelowige wat nie 'n lid van 'n gemeente is nie.  Tog het baie gelowiges vandag geen formele verbintenis met ‘n gemeente nie.  Dit is ook waar van ons gemeente.   

My begeerte is nie om enigiemand te dwing tot kerklidmaatskap nie.  Ek verwag ook nie dat almal wat nie lidmate is nie, nou sal aansoek doen nie.  Maar ek wil hulle help om te verstaan waarom kerklidmaatskap belangrik is. 

Die belangrikheid van kerklidmaatskap 

1. 'n Bybelse basis vir kerklidmaatskap

Die oomblik wat jy tot geloof kom word jy onmiddellik 'n lid van die liggaam van Christus volgens 1 Korintiërs 12:13 wat die 'universele kerk' genoem word.  Daar is talle verwysings na hierdie ‘universele kerk’ in die Bybel.  Byvoorbeeld in Mattheus 16:18 sê die Here vir Petrus: ‘Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.’  Dit is duidelik dat Jesus nie hier van 'n plaaslike gemeente praat nie.  Hy praat van alle gelowiges oral.  So ook in Efesiërs 1:22-23 waar Paulus sê ‘En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.’  Ook hier is die verwysing na die hoofskap van Christus oor alle gelowiges wêreldwyd.  

Maar net so, is daar baie verwysings na die kerk, wat slegs na 'n plaaslike liggaam kan verwys. Byvoorbeeld in Mattheus 18-15-17 waar Jesus praat van 'n 'broer' wat teen 'n ander 'broer' gesondig het. Daardie broer moet eers alleen na die ander broer wat teen hom gesondig het gaan en hom to bekering roep.  As dit nie werk nie, moet hy nog twee of drie ander met hom saamneem en hom weer tot bekering roep.  Wanneer dit alles steeds faal, moet hy dit voor die gemeente bring, wat eers die man ook tot bekering roep, maar as hy hom nie wil bekeer nie, hom moet afsny en as ‘n heiden ag. Die kerk waarna hier verwys word, praat nie van die universele kerk wêreldwyd nie, maar praat van ‘n identifiseerbare groep gelowiges wat plaaslik bymekaarkom en dit word ‘n kerk genoem.  

Terwyl ‘n jy outomaties as 'n gelowige 'n lid van die universele kerk word, is die verwagting dat jy deel moet word van 'n plaaslike liggaam van gelowiges.  Dit is wat ons 'die plaaslike gemeente' noem.  Daar is baie verwysings na sulke plaaslike kerke, of gemeentes in die Bybel:  Paulus se briewe gerig aan die plaaslike gemeentes in Rome, Korinthe, Galasië, Efese, Filippi, Kolosse en Tessalonika. Net so verwys Handelinge 8:1 na die gemeente in Jerusalem. 

Wanneer die Woord van God na 'die kerk' of ‘die gemeente’ verwys praat dit meestal vd plaaslike liggaam van gelowiges. Hulle wat saam verenig het vir die doel van aanbidding en wedersydse opbouing.  Die plaaslike gemeente word geroep om saam te verenig: om God’s Woord te ontvang (1 Timoteus 4:13; 2 Timoteus 4:2); vir wedersydse opbouing (Romeine 12:3-8; vgl. 1 Korintiërs 12:4-31; 1 Petrus 4:10-11; om deel te neem aan die ordinansies: die Nagmaal (Lukas 22:19) en die Doop (Handelinge 2:38-43); en om die evangelie te verkondig (Mattheus 28:18-20). Die verwagting is dat elke lid van die liggaam van Christus, ook 'n lid van die plaaslike gemeente moet wees, wat die plaaslike uitdrukking van die liggaam van Christus is. Die Griekse woord 'ekklesia' wat na die plaaslike gemeeente verwys, verskyn 114 keer in die Nuwe Testament en word vertaal as 'vergadering' of 'gemeente'.   

As 'n kerklidmaat verbind jy jouself formeel aan daardie liggaam van gelowiges met die doel van geestelike groei van jouself en van die hele liggaam. Elke gemeente is di plaaslike uitdrukking van diegene wat gebou is op die Rots wat Christus is in Mattheus 16:18.  Die wat die liggaam van Christus is staan onder Sy gesag volgens Efesiërs 1:22-23 en hulle is saam verantwoordelik om mekaar te help, te lei en te dissiplinees volgens Mattheus 18:15-17.  

Elke plaaslike gemeente is 'n afsonderlik identifiseerbare liggaam van gelowiges wat as gemeente geroep is om te vergader, te bou en te groei as die kerk van Christus. Dit is 'n groep gelowiges wat daarna streef om di Here te eer en aan Hom te gehoorsaam te wees. Dit bestaan uit individue wat ook geroep is om deel van daardie gemeente te wees, die Bybels sien hulle as: 

a. 'n Gebou

In 1 Korintiërs 3:1-9 word gemeente 'n gebou genoem.  Die gelowiges word daar 'klein kinders in Christus' genoem, maar is to geroep om ‘medewerkers’ in God se akker en ‘gebou’ te wees.  In ander tekste word die gemeente weer ‘die Tempel van God’ genoem (Efesiërs 2:21 vgl. 2 Korintiërs 6:16; 1 Timoteus 3:15; 2 Petrus 2:5) waarin individuele gelowiges die 'lewende stene' van daardie gebou of Tempel is.  Dus bestaan die plaaslike gemeente uit individuele gelowiges wat 'n taak het, 'n plek het om te vul, ‘n verantwoordelikheid vir mekaar het en vertrou op mekaar.  As 'lewende stene' is ons nie net stene wat rondlê en kan kom & gaan soos ons wil nie.  Ons het 'n doel en 'n plek om te vul. Vir hierdie beeld om te werk, moet gelowiges formeel met di plaaslike gemeente assosieer deur gemeentelede te word. 

b. 'n Liggaam

In Romeine 12:4-5 word die plaaslike gemeente ‘n ‘liggaam’ genoem wat uit verskeie ‘lede’ bestaan.  Daarvolgens het elke lid ‘n unieke funksie sodat hulle gesamentlik as gemeente die liggaam vorm.  Elke lid behoort aan die ander.  Weer kan hierdie beeld nie werk sonder formele assosiasie, of kerklidmaatskap nie.  Alle gelowiges moet 'lede' wees van die plaaslike liggaam van Christus, die gemeente. 

c. 'n Familie

In 1 Timoteus 3:15 skryf Paulus aan die jong predikant sodat hy ‘kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van Gd, wat die gmeente is van die lewende God’.  Dus, volgens dit, is alle gelowiges kinders in God se huisgesin en lede van God se familie, wat soos Efesiërs 1:5 sê

onsself oorgegee het aan die gesag van Jesus Christus en in hierdie familie aangeneem is.  Hierdie familiebeeld impliseer 'n verhouding met God, en met mekaar as broers en susters in Christus.  Geen familie is 'n ware familie as mense net terloops met mekaar vertroud is nie.  Vir die beeld om te werk verwag formele assosiasie, dit is kerklidmaatskap. 

As stene in God se gebou, as lede van Christus se liggaam, as lede v God se familie, is die enigste manier vir hierdie bybelse beelde om te werk dat gelowiges deur kerk lidmaatskap aan mekaar sal verbind in die lokale gemeente.  Duidelik is die idee van ‘swewende gelowiges’ iets wat vreemd is aan die leer van die Skrif. 

2. 'n Bybelse verwagting v kerklidmaatskap

Die Bybelse verwagting is dat ons nie net funksies moet verrig om God te dien nie, maar ook dat ons mekaar sal dien en ondersteun.  Gelowiges het sekere funksies om saam verrig, so dit vereis formele lidmaatskap. 

Toe gelowiges tot geloof gekom het, volgens Handelinge 2:41-47 (vgl. Handelinge 5:14; Handelinge 16:5), het hulle hul bekeer, in Jesus geglo, is gedoop en is toe by die plaaslike gmeente 'gevoeg'.  Hulle het gereeld bymekaargekom om volgens Handelinge 2:42 hulself saam te wy aan, ‘die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.’  Verder is die verwagting van gelowiges om, in gehoorsaamheid aan God, hulleself te onderwerp aan beide: (a) die ouderlinge van die plaaslike gemeente, en (b) aan mekaar.  Kom kyk na verskillende areas van verwagting in dit: 

a. Die Kerkleierskap

Dieouderlinge word geroep om vir die kudde van God te sorg (Handelinge 20:28; vgl. 1 Petrus 5:2).  Die wat hulle moet versorg, sê 1 Thessalonicense 5:12, is dié onder wie hulle arbei.  Hulle word geroep om oor hulle te waak (1 Tessalonicense 5:13; vgl. 1 Timoteus 5:17) en oor hulle siele te waak (Heb. 13:17), want hulle moet eendag aan God rekenskap gee vir die wat onder hul toesig geplaas is (vgl. 1 Petrus 5:3).  

Dus God se verwagting dat alle gelowiges hulle gewilliglik sal onderwerp aan die sorg en gesag van die ouderlinge wat God oor hulle geplaas het.  Dit vereis dat alle gelowiges lede moet word en hulleself formeel daardeur onder die toesig van God se aangestelde leiers plaas, die ouderlinge van die plaaslike kerk. 

So as jy nie 'n kerklidmaat is nie het die ouderlinge van die gemeente nie meer verantwoordelikheid om jou te bedien as wat hulle het vir die man op straat nie 

b. Die medegelowiges

Gelowiges is egter nie net geroep om hulle gewillig aan die sorg en gesag van die ouderlinge te onderwerp nie, maar ook die sorg en gesag van die hele gemeente.  In Mattheus 18:15-17, as ‘n medegelowige teen jou gesondig het: nadat jy alleen na hom toe gegaan het, en dan twee of drie ander saam met jou geneem het, as hy steeds weier om te bekeer, moet jy hom na die hele gemeente bring.  Dit is hulle verantwoordelikheid om hom tot bekering te roep en as hy nie bekeer nie, om hom uit die gemeente te verdryf (vgl. 1 Korintiërs 5:1-13).  Dit is duidelik dat tensy die gelowige hom onder die sorg en gesag van die lidmate van die gemeente geplaas het, kan hulle hom nie uit die gemeente plaas nie.  Dus is die verwagting van die Skrif hier dat alle gelowiges lidmate van die plaaslike gmeente moet wees. 

Kerklike dissipline is nie die enigste verantwoordelikheid wat lidmate vir mekaar het nie, ons is ook almal geroep tot wedersydse opbouing van mekaar.  Ons moet vir mekaar sorg, lief wees en mekaar aanmoedig (Hebreërs 10:24-25). Ons moet mekaar op bou deur ons verskillende geestelike gawes te beoefen (Romeine 12:6-8; vgl. 1 Korintiërs 12:4-7; 1 Petrus 4:10-11). 

In 1 Timoteus 5:9 het die gelowiges presies geweet watter weduwees in aanmerking kom vir finansiël hulp. In Handelinge 2:41-47 (vgl. Handelinge 5:15; Handeling 16:5) het hulle presies geweet hoeveel nuwe gelowiges elke dag by hulle getal "gevoeg" is. As gelowiges na 'n ander dorp verhuis het, is ‘n aanbevelingsbriewe gegee (Handelinge 18:27; vgl. Romeine 16:1; Kolossense 4:10; 2 Korintiërs 3:1-2).  

So dit is duidelik dat die Bybel verwag dat gelowiges formeel met die plaaslike kerke sal assosieer.  Dat hulle hul aan sorg en gesag onderwerp deur middel van kerklidmatskap.  Die idee van onafhanklike Christene wat nie formeel met die plaaslike kerk assosieer nie is ver van Bybelse verwagting. Dit is dwarsdeur die Nuwe Testament duidelik: Dit is ‘die gemeente in Jerusalem’ (Handeling 8:1); dit is die ‘hele gemeente’ (Handelinge 6:5); dit is die ‘dissipels in Jerusalem’ (Handelinge 9:26); die ‘hele gemeente’ (Handelinge 15:17), waaroor ‘die ouderlinge van die gemeente volgens Handelinge 15:17 verantwoordelikheid gehad het in ‘elke gemeente’ (Handelinge 14:23) as God se aangestelde opsieners.

Die plaaslike kerk is 'n herkenbare en identifiseerbare groep moet wees wat hulle onderwerp aan die sorg en gesag wat God oor hulle geplaas het. Gelowiges moet lede wees van die plaaslike gemeente aangesien God se Woord vir ons instruksies, verwagtinge en grense gee, vir hoe hierdie sorg en gesag oor gelowiges uitgeoefen en geïmplementeer moet word.  Dit wys dat kerklidmaatskap van gelowiges verwag word.  En dat dit nie 'n nagedagte is nie, maar

goed beplan en geformuleer, want dit is deel van God se plan vir ons goed! 

3. 'n Bybelse oproep tot kerklidmaatskap 

So hoekom moet ek as gelowige oorweeg om 'n kerklidmaat te word? Ek wil jou wys op vyf redes:  

a. Vir die ongelowige

Terwyl die kerk hoofsaaklik 'n liggaam van gelowiges is, kom daar ongelowiges onder ons in.  In  1 Korintiërs 5:1-5 vind ons 'n interessante situasie in die kerk.  'n Gelowige skuldig aan seksuele immoraliteit en moontlik selfs bloedskande.  Daarom word die gelowiges in daardie gemeente geroep om kerklike dissipline toe te pas.  Hulle moet hierdie persoon uit die kerk werp, Hoekom?  Omdat hy onberouvol is en wat hy gedoen het ‘nie eers onder die heidene gebeur nie’.  Deurdat die kerklidmate hom uitwerp en aan Satan oorgee, stel hulle 'n voorbeeld vir die ongelowiges dat onbekerde sonde nie in gemente toegelaat sal word nie.  Verder wys dit wys dat iemand wat in sonde voortleef, nie as 'n ware Christen gesien kan word nie.  Terwyl alle Christene sondaars is, is alle Christene berouvol (1 Johannes 1:9).  

Dis is maar net een manier, hoe kerklidmaatskap teenoor ongelowiges getuig, daar’s ander: Om ‘n kerklidmaat te wees wys dat jy nie skaam is vir die evangelie of die gemeente van Christus nie; dit wys dat gelowiges mekaar liefhet en vir mekaar omgee en verenig staan. 

b. Vir die swakker broer

Daar’s verskeie persone wat as 'die swakker broer' gesien kan word:  ‘n Gelowige wat in die sonde val, maar dan berou getoon het toe die gemeente of gelowiges hom aangespreek het (vgl. Mattheus 18:27 of 1 Korintiërs 5:1-5). Dit kan ook iemand wees wat sorg, liefde of bemoediging benodig (Hebreërs 10:24-25),  of 'n broer wat kan baat vind by jou geestelike gawes (Romeine 12:6-8). Dit kan ook 'n nuwe gelowige wees wat nog nie alles duidelik verstaan nie. 

Die punt is: ons word geroep om as gelowiges wedersyds opbouend te wees, sodat ons almal in die geloof sal groei. Sommige is geestelik verder ontwikkel as ander, en ons moet die swakker broer optel en help groei. 

c. Vir die sterker broer

Moenie dink dat enige gelowige al so ver gegroei het dat hy nie ander gelowiges nodig het nie. God se verwagting van elkeen van ons in Mattheus 22:37-40 is: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en jou hele verstand en … jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’  Nie een van ons het dit volmaak bereik nie en ons almal kan by mekaar leer oor

maniere om hierin te groei.  Maar ook is die verwagting van alle gelowiges om aan te hou groei in hierdie liefde vir elke medegelowige sodat ons mekaar uiteindelik sal lief te hê soos Christus ons liefgehad het (1 Johannes 3:16).  Die sterker broer moet leer hoe om elke gelowige lief te hê, ook jou as jy 'n gelowige is.  Om 'n lidmaat van die gemeente te wees maak groei die besorgdheid en liefde makliker en gee geleentheid om in daardie liefde te betoon van naby. 

d. Vir die kerkleierskap

In 1 Timoteus 3 leer Paulus Timoteus oor sy verantwoordelikheid as leraar vir elke individu in die gemeente.  Ouderlinge moet na almal in die gemeente omsien soos hulle vir hul eie gesin sou sorg.  Maar die in 'n gesin is formeel deel van daardie gesin.  Dit is nie die tuinier of die huishulp wat gereeld daar kom nie, of die elektrisiën of loodgieter wat soms daar kom nie.  Alhoewel jy vriendelik en liefdevol teenoor hulle moet wees, is jou verantwoordelikheid om vir hulle te sorg anders as dié wat jou gesin is.  

Tensy jy 'n lidmaat van die gemeente is, kan jy nie dieselfde vlak van sorg en besorgdheid verwag nie.  Ouderlinge is geroep om te sorg en gesag te hê oor die wat onder sy sorg geplaas is.  Daardie sorg en gesag strek slegs tot diegene wat lidmate vd gemeente is.  Ouderlinge mag sulkes aanmoedig en help wat nie lidmate is nie, maar hulle het geen gesag of formele verantwoordelikheid teenoor hulle nie.  

e. Vir die Here onse God

Die gemeente as 'n gebou is nie net 'n versameling van individuele gelowiges hier en daar wat informeel bymekaarkom as hul wil nie.  Handeling 2:41-47 wys dat die gelowiges daagliks by hulle getal gevoeg is.  Die kerklidmaatskap is die liggaam van Christus tot so 'n mate dat toe Saulus die kerk vervolg het, die Here vir hom in Handelinge 9:4 gesê het “Saul, Saul waarom vervolg jy My?”  In Openbaring 21:2 word die kerk 'die bruid' van Christus genoem, wat pragtig aangetrek is vir haar man.  Dit beteken ons is geroep om ons te identifiseer en deel van die bruid van Christus.  

God wil hê dat gelowiges formeel met die gemeente moet assosieer.  Hy roep hulle om deel te wees van die plaaslike gemeente en nie op 'n sorgelose manier nie, maar deur kerklidmaatskap. 

Kerklidmatskap was van die begin af die standaard.  Van die begin van die kerk in Handelinge 2 en

deur die kerkgeskiedenis was dit wat die Here van gelowiges verwag het.  Die idee van 'n Christen wat nie 'n lid van die plaaslike gemente is nie, is 'n moderne konsep wat direk teen die verwagting van God en die leer van die Skrif gaan.  Om 'n gelowige te wees, is om formeel 'n lid van die plaaslike gemeente te word. 

Amen